af
Deon Meyer

Ridders van die grondpad

Berätta för mig när boken läggs till
För att kunna läsa den här boken överför filer i EPUB- eller FB2-format till Bookmate. Hur laddar jag upp en bok?
Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.

Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: 'n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of 'n afgeleë stuk Karoo-pad.

Die boek bevat ook 'n rygids wat die teorie agter avontuurtoer op grondpaaie verduidelik. Dit verskaf handige wenke, onder meer hoe om regop te bly op 'n sanderige pad, hoe om veilig deur slote en stroompies te kom, hoe om 'n noodstop te doen en hoe om ongelukke te vermy.

– Meer as 30 roetes word beskryf en gegradeer
– Aangrypende landskapsfotografie
– Kleurvolle kaarte illustreer elke roete
– Gids met praktiese wenke vir grondpadry
Den här boken är inte tillgänglig just nu
299 trycksidor
Ursprunglig publicering
2014
Utgivningsår
2014
Har du redan läst den? Vad tycker du om den?
👍👎
fb2epub
Dra och släpp dina filer (upp till fem åt gången)